Erdwurms

Erdwurms is essensieël in enige bio-organiese boerdery bedryf waar die kragtige erdwurm urine dien as gedeeltelike vervanging van kunsmis.  Die grond wat agterbly in die baddens, genaamd fertillis, word gebruik as bykomende kompos.

Skape

Die Meatmaster ras is een van die vinnigste gewigstoename skaaprasse wat sowel gehard en 'n verkoopbare karkas is.
Lam persentasie is baie hoog - 140% per jaar.  Vleis word deur die Filadelfia Ark gemeenskap gebruik asook verkoop waarvoor dan goedkoper hoender aangekoop word.

Varke

Filadelfia Ark ontvang 30 ton afval groente per week wat dan weer deur die varke, waaronder ook Europese bosvarke, opgevreet word.  Die varkmis word as kompos gebruik.  Die vleis van die varke word ook verkoop vir 'n inkomste.

Visse

Hier by ons word 3 soorte Tilapia vis, Rooibors-, Blou- en Mosambiek Kurper geteel vir eie gebruik.  'n Inkomste word ge-genereer deur die verkoop van vingerlinge op die mark.  

Ons het 'n heerlike groot dam tot almal se beskikking vir hengel en swem en daardeur maak dit FIladelfia Ark uniek in die sin dat dit vir inwoners 'n vakansie oord is.

Groente

Bio-organiese verbouing metodes word deurlopend aangewend waar GEEN gifstowwe / insekdoders gebruik word nie.  Grondbewerking is minimaal omdat houtspaanders, tuinafval, en kompos gesamentlik gebruik word om grondvog te behou, asook om onkruidbeheer effektief toe te pas.  Effektiewe mikro organismes word deurlopend gebrou en alle groente, beeskrale, skaapkrale, varkhokke en komposhope word daarmee gespuit om sodoende lewende organismes in die grond in te werk sodat erdwurm getalle kan toeneem. 

Meule

'n Volledige mieliemeel meule is opgerig te Filadelfia Ark om eerstens in ons eie behoeftes te voorsien asook om ander sorgsentrums te help. 

Vanaf hierdie meule wat 1 ton per uur maal, word die meel in 5-,10- en 25kg sakkies verpak onder die vaandel #geeReg Solidariteit Helpende Hand wat dit dan vanaf voedselskemas versprei na behoeftige gesinne. 

Kompos

Eie tuinafval sowel as die wat van verskillende instansies gratis aan ons verskaf word, word omgewerk tot kompos.  

Tesame met bees-, skaap- vark, en perdemis word dit dan in die lande ingewerk om produktiwiteit te verhoog.