Al die kindertjies was so opgewonde om weer terug te kom na ons eie laerskool toe op 15 Januarie 2020.
Ons is trots om te kan sê dat dit nou die tweede jaar is wat ons skool aan die gang is. Ons maak voorsiening vir Graad R tot 4. Tans het ons 20 leerders in ons skool, met 2 gekwalifiseerde onderwyseresse en 2 assistente.
Dit is wonderlik vir ons kinders om sorgvry, sonder enige druk en kaalvoet in die sand te kan leer en speel.