Meer oor Filadelfia Ark

Filadelfia Ark NPC is 'n nie-winsgewende geregistreerde Art 22 maatskappy. Ons bied skuiling en voedsel vir hawelose en behoeftige mense. Ons maak ook voorsiening vir gesinne met kinders. Op ons plaas, oos van Hartebeespoort, bied ons skuiling en 'n werksomgewing vir ons mense. Die werksomgewing sluit in: Boerdery, houtwerk, staalwerke, meganies, tuinmaak en kook.

Ons huisves 'n gemiddeld van 450 mense per maand by ons sorgsentrum. Ingesluit in die getal is 'n gemiddeld van 100 kinders (1 maand tot 18 jaar), 82 pensioenarisse, 46 wat buite die plaas werk en die res het geen inkomste nie en werk op die plaas. Daar is 'n gratis kleuterskool op die plaas met sowat 40 kinders. Inwoners kry daagliks drie gratis maaltye en betaal ook nie vir verblyf nie. Filadelfia Ark het ook sy eie kliniek met twee gekwalifiseerde susters wat basiese mediese hulp kan bied.