Groente
Bio-organiese verbouing metodes word deurlopend aangewend waar GEEN gifstowwe / insekdoders gebruik word nie. Grondbewerking is minimaal omdat houtspaanders, tuinafval, en kompos gesamentlik gebruik word om grondvog te behou, asook om onkruidbeheer effektief toe te pas.
Effektiewe mikro organismes word deurlopend gebrou en alle groente, beeskrale, skaapkrale, varkhokke en komposhope word daarmee gespuit om sodoende lewende organismes in die grond in te werk sodat erdwurm getalle kan toeneem.



Landerye (Meule)
'n Volledige mieliemeel maalaanleg is opgerig te Filadelfia Ark om eerstens in ons eie behoeftes te voorsien asook om ander sorgsentrums te help.
Vanaf hierdie meule wat 1 ton per uur produseer, word die oorblywende mieliemeel versprei na winkels en groot handelaars.




Kompos
Eie tuinafval sowel as die wat van verskillende instansies gratis aan ons verskaf word, word omgewerk tot kompos.
Tesame met bees-, skaap- vark, en perdemis word dit dan in die lande ingewerk om produktiwiteit te verhoog.
